Algemeen

DIE MAATSKAPPY

BligGroup (Pty) Bpk handeldrywend as DorpToep (“Die Maatskappy”)

Registrasienommer: 2018 / 106178 / 07

KONTAKBESONDERHEDE

E-pos: hallo@dorptoep.co.za | Adres: 2 Eglin Rd, Sunninghill, Sandton, 2157


AANVAARDING VAN HIERDIE GEBRUIKSOOREENKOMS DEUR JOU

Jy mag Die Maatskappy se diens en webtuistes gebruik, onderhewig aan die bepalings en voorwaardes wat in hierdie dokument uiteengesit word. Hierdie ooreenkoms is geldig en bindend vir-, en afdwingbaar op alle persone met toegang tot hierdie webtuiste of ’n gedeelte daarvan. Lees asseblief hierdie gebruiksooreenkoms sorgvuldig deur aangesien jou gebruik van hierdie webtuiste impliseer dat jy die gebruiksooreenkoms aanvaar en gebind word daardeur. Verlaat Die Maatskappy se webtuiste onmiddellik as jy nie die bepalings van hierdie gebruiksooreenkoms aanvaar nie, aangesien verdere gebruik jou outomaties tot hierdie gebruiksooreenkoms verbind, ondanks enige verskille wat jy met die bepalings van hierdie beleid mag hê.

AANVAARDING VAN HIERDIE GEBRUIKSOOREENKOMS DEUR ALLE REISIGERS

Deur hierdie gebruiksooreenkoms te aanvaar, aanvaar jy dit ook namens alle reisigers wat by jou bespreking deur Die Maatskappy se webtuiste of diens ingesluit is en verklaar dat jy die magtiging het om dit te doen.

VARIASIE

Die Maatskappy behou die reg voor om hierdie ooreenkoms of enige gedeelte daarvan te eniger tyd sonder vooraf kennisgewing of regverdiging te verander. Enige wysigings van hierdie aard sal op hierdie bladsy aangetoon word. Lees asseblief hierdie gebruikersooreenkoms sorgvuldig deur aangesien jou gebruik van hierdie webtuiste impliseer dat jy enige veranderings aanvaar (wat in werking sal tree sodra dit op die webtuiste geplaas word) as jy voortgaan om hierdie webtuiste te gebruik nadat dit geplaas is.

DIE HELE GEBRUIKSOOREENKOMS

Hierdie gebruiksooreenkoms geld as die hele ooreenkoms tussen jou en Die Maatskappy en vervang enige en alle voorafgaande beloftes, verteenwoordigings, ooreenkomste, beleide en verstandhoudings van enige aard. In sover enige deel van hierdie gebruiksooreenkoms as ongeldig, onwettig of onafdwingbaar deur enige hof met die gepaste jurisdiksie verklaar word, in welke geval so deel van die oorblywende bepalings geskei sal word, die res steeds afdwingbaar en van toepassing sal wees, soos deur die reg toegelaat.

ONVERMOë OM AF TE DWING

Enige onvermoë deur Die Maatskappy om enige reg of voorwaarde van hierdie ooreenkoms uit te voer of af te dwing, sal nie as vrywaring van sodanige reg of voorwaarde geag word nie. Die Maatskappy het die reg om sy regte en verpligtinge ingevolge hierdie gebruiksooreenkoms te sedeer, toe te ken of andersins oor te dra aan enige derde party.

REGSKOSTES

Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees vir enige kostes wat deur jou aangegaan is vir professionele advies oor hierdie gebruiksooreenkoms nie.

JURISDIKSIE

Hierdie gebruiksooreenkoms word deur die wette van Suid-Afrika gereguleer. Jy stem toe dat enige regsaksie wat ingevolge hierdie gebruiksooreenkoms mag voortspruit, in die gepaste Suid-Afrikaanse hof begin en aangehoor sal word.

DIE MAATSKAPPY SE DIENSTE

Die Maatskappy is ’n reisagentskap wat selfhelp-webtuistes (soos hierdie webtuiste) bestuur en die algemene publiek toelaat om reisdienste deur verskeie derdepartyverskaffers te bespreek.

ALTYD SELFHELP

Dis alleenlik jou verantwoordelik om die korrekte inligting tydens die besprekingsproses te bepaal en te voorsien, asook om die

gepastheid van enige reisdiens voor die bespreking na te gaan. Die Maatskappy mag deur verskeie kommunikasiekanale met jou in verbinding tree en moontlik selfs die webtuiste namens jou gebruik, maar dis steeds jou verantwoordelikheid om die finale gepastheid te bepaal en om die akkuraatheid van alle inligting na te gaan voor die bespreking gemaak

word.

BESPREKING IS DIREK BY DIE VERSKAFFER

Enige bespreking wat jy deur Die Maatskappy se diens maak, word vir jou deur ’n derdepartyverskaffer (’n “Verskaffer”) gemaak. Jy erken dat Die Maatskappy as ’n agent van die Verskaffer, wat onderneem om die ooreengekome reisdiens aan jou te bied, optree. Enige reg tot verhaling wat jy mag hê, ingevolge die reisdiens wat voorsien word, sal direk met die Verskaffer wees, alhoewel Die Maatskappy altyd bereid is om te help waar moontlik.

KWOTASIES, TARIEWE EN PRYSE

Alle tariewe wat op hierdie webtuiste gepubliseer word, is onderhewig aan verandering sonder kennisgewing. Tariewe wat op enige plek op die webtuiste vertoon word, buiten ’n kwotasie, dien slegs as riglyne. Slegs kwotasies wat direk deur die webtuiste aan ’n gebruiker gegee word, word as ’n wettige aanbod geag. Kwotasies is altyd onderhewig aan die Verskaffer se beskikbaarheid. Terwyl Die Maatskappy poog om te alle tye akkurate pryse te vertoon, kan prysfoute wel soms voorkom. In sodanige omstandighede sal Die Maatskappy die prys verander, selfs as die bedrag in ’n kwotasie verskyn of reeds betaal is.

JOU VERANTWOORDELIKHEDE:

Jy verstaan en aanvaar die verantwoordelikhede wat met die gebruik van ’n selfhelp-besprekingswebtuiste, soos deur Die Maatkappy bedryf word, gepaardgaan. Dié verantwoordelikhede sluit in, maar is nie beperk tot die volgende nie:sekerheid dat die regte verskaffer met jou vereiste eienskappe gekies word nagaan dat besonderhede akkuraat in die bespreking voorsien en opgeneem is. Daar is verskeie risiko’s wat met reis gepaardgaan en jy verstaan dat Die Maatskappy geen beskerming teen hierdie risiko’s bied nie. Jy moet byvoorbeeld seker maak dat jy voldoende beskerming het teen verlies weens siekte, kansellasie, besering, skade aan jou bagasie, diefstal of enige ander moontlikhede.

VERSKAFFERS SE BEPALINGS

Elke Verskaffer het hul eie Bepalings en Voorwaardes wat op jou bespreking van toepassing is. Dit is jou verantwoordelikheid om jouself van dié Bepalings en Voorwaardes van die Verskaffer te vergewis voordat die bespreking voltooi word.

AANVAAR VAN INSTRUKSIE

Die Maatskappy mag instruksies aanvaar met betrekking tot ’n bespreking van enige party met toegang tot die e-posadres of

selfoonnommer wat vir die bespreking gebruik is, of met substantiewe kennis van die bespreking (soos die verwysingsnommer).

FOOIE EN KOMMISSIE

Die Maatskappy kan die volgende fooie hef vir dienste wat aan besprekings verwant is, soos plasings, wysigings, regstellings of

kansellasies van die besprekings. Die Maatskappy kan betalings of kommissie van Verskaffers vir besprekings ontvang. Die Maatskappy kan addisionele diensaanbiedings, standaarddiens of pakket, aanbied wat direk deur Die Maatskappy of deur ’n agent wat hom as die Verskaffer voordoen aangebied word. Hierdie addisionele dienste kan hul eie bepalings en voorwaardes

insluit en indien sodanige bepalings en voorwaardes teenstrydig is, sal dit die maatskappy s’n vervang.


DorpToep.co.za © 2022 | Werfkaart | Terme van Gebruik | Privaatheidsbeleid

DorpToep is ‘n trots Suid-Afrikaanse; trots Afrikaanse toep – ontwikkel deur BligGroup (Pty) Ltd. Alle regte voorbehou.